Risikobestuur en Scenariobeplanning

In vandag se tye kan ‘n besluit dramatiese gevolge hê.  Die regte besluit kan tot gevolg hê dat die boer ‘n suksesvolle finansiële jaar het, maar die teenoorgestelde is ook waar.  In landbou word nie net die boer se bestuursvermoë beproef nie, maar hy moet ook rekening hou met die klimaat waaroor hy bykans geen beheer het nie.  Dit is ook waar dat die dae waar die boer slegs een gewas geplant het, ook dalk verby is en moet hy ingeligte besluite maak opgrond van kommoditeitspryse, aanvraag/aanbod, gewasbehoeftes teenoor sy klimaatsomgewing en vele ander faktore. 

Farm-IT is in die proses om ‘n risikobestuurstelsel te ontwikkel waarin die boer rondom verskillende scenarios kan "speel" voordat hy ‘n besluit neem.  Die doel is om vir die boer te illustreer wat die effek is op die langtermyn met ‘n besluit wat hy vandag sou neem.

Hierdie stelsel kan ook deur die verskillende landbousektore gebruik word om op makro-vlak sekere scenarios te toets teenoor akkurate plaas-inligting voordat daar aan die boer advies gegee word.