|
Internet
Boerderybestuurstelsel
Farm-IT bied
'n boerderybestuurstelsel wat uit twee
modules bestaan. Die eerste module
word op die klient se persoonlike
rekenaar geïnstalleer. Hier word al die aktiwiteite wat op die plaas plaasvind
ge-allokeer na ‘n bestuursone of land. Dit is die “sakboekie” van die
stelsel.
Die voordeel
wat die internet verskaf vir die kliënt gemoedsrus sodat hy met ‘n druk van ‘n
knoppie gereelde “back-ups” kan maak vanaf sy rekenaar na ‘n sentrale rekenaar
by Farm-IT. Die internet (tweede module) verskaf dan ook aan die stelsel
die vermoë dat waar die insetverskaffers sy klient besoek het en hulle saam op
‘n plan besluit het, dat die insetverskaffer hierdie inligting dan via die
stelsel terug plaas op sy kliënt se stelsel. Hierdie inligting word dan
weer deur die boer na sy stelsel afgelaai.
Die stelsel
is gemik op die landbousektor van Suidelike Afrika en fokus op die Boer,
Ko-öperasie, Insetverskaffer en Finansiële instellings.
Elke
ingeskryfde kliënt teken aan op 'n eie unieke wagwoord wat die beskerming van
die inligting verseker.
Die Boerderybestuurstelsel bied aan die verbruiker verskeie voordele insluitend:
-
Akkurate rekordhouding van alle aktiwiteite op landvlak of bestuursone.
-
Die boer is in staat om gedetailleerde en akkurate inligting te onttrek oor sy
boerderyaktiwiteite.
-
Die stelsel laat beter besluitneming toe - 'n direkte resultaat van die
verwerking van akkurate inligting.
|