Die Farm-IT Oplossing

Die "MyPlaas" Produk

Die "Myplaas" bestuurstelsel is ontwikkel deur Farm-IT Solutions vanuit jarelange ondervinding en ervaring van die landboubedryf in Suid-Afrika.  Anders as ander bestuurstelsels is dit ontwikkel spesifiek vir die Suid-Afrikaanse boer.


Die stelsel
bestaan uit 3 komponente:

  1. Geografiese inligting
  2. Alfanumeriese inligting (sakboekie)
  3. Monitering en analisering
  • Die eerste komponent is die geografiese data van die plaas en/of ander areas. Hierdie datastelle bestaan uit GPS (Globale Posisionering Sisteem) opgemete grense van die bestuursones van die plaas.  Dit sluit in landsgrense, grondpotensiaal sones, infrastruktuur ens.  Hierdie data moet akkuraat opgemeet word omdat elke besluit wat hetsy die boer, insetverskaffer, finansierder en/of versekeraar maak beinvloed word deur die oppervlakte (hektare) van 'n spesifieke plaas/land/bestuursone.  As die inligting dus verkeerd vasgelê is, sal elke inset daarna ook verkeerd wees.  
  • Die tweede komponent van die stelsel is die "sakboekie"; ons noem dit die alfa-numeriese inligting.  Hierdie inligting is opgedeel in 2 kategorieë nl.  Statiese inligting en Dinamiese inligting.  Statiese inligting is inligting soos landname, hektare per land, grondtipes ens. m.a.w. inligting wat nie gereeld verander nie. Dinamiese inligting is die hartklop van die stelsel.  Al die aktiwiteite wat plaasvind op die bestuurseenhede van die plaas moet akkuraat op die stelsel ingevoer word.  Voorbeelde van hierdie aktiwiteite is kunsmisgebruik per land, gewaskostes, bewerkingskoste ens.  Indien hierdie inligting nie beskikbaar is nie, kan die winsgewendheid van die land/eenheid nie bepaal word nie.  Hierdie bousteen vorm saam met die geografiese data die ruggraat van die stelsel.  Al die vrae wat deur finansierders en versekeraars gevra word kan deur die stelsel beantwoord word.

  • Die derde komponent is die monitering en analise deel.  Die gebruiker is in staat om verskillende analises te doen wat die boer help om te bepaal watter gewasse waar geplant moet word na aanleiding van die gewasbehoeftes en grondpotensiaalinligting.  Deur die stropermonitor data te vergelyk met die insetverslae kan die boer bepaal wat die verlies/wins per land/bestuursone op die plaas is.  Die resultate kan vertoon word in kleurgekodeerde kaarte, verslae of deur satellietbeelde.  Dit stel die boer in staat om ingeligte besluite te neem vir die volgende seisoen.  Die gebruik van satellietbeeld-tegnologie is opsioneel. Hierdeur kan die boer sy lande moniteer.  Dit wys onder andere gewasverkleuring wat dui op 'n tekort en/of siekte wat mag voorkom.  'n Reeks van vyf beelde word op 'n maandelikse basis deur die groeiseisoen verskaf aan gebruikers wat hiervoor ingeteken het.   

          

Die Farm-IT Oplossing het 3 fokus areas:

Die Oplossing vir die Boer

"MyPlaas" is die boerderybestuurstelsel vir die boer van môre!  Elke boer moet meet om te weet.  

Wat bied "MyPlaas" aan die boer?  Hier volg 'n paar voordele van die stelsel. 

  1. Die stelsel is 'n eenstop-oplossing waardeur die boer al sy rekordhouding en bestuursfunksies kan doen.
  2. "MyPlaas" is ‘n rekordhoudingstelsel wat aan die boer die vermoë gee om alle aktiwiteite soos bv. die aankoop van insetvoorraad, rekordhouding van alle insette per land, reënval rekordhouding, graankontrakte ens. op sy eie rekenaar te kan invoer.  Die internet stel die boer in staat om op enige plek, waar daar internet is, byvoorbeeld in die bankbestuurder se kantoor, die inligting te kan onttrek.  Dit stel die boer in staat om akkurate inligting aan byvoorbeeld 'n finansierder te verskaf.
  3. Unieke aantekenbesonderhede verseker dat die kliënt se inligting veilig is en dat slegs die kliënt sy inligting kan sien en verander.
  4. Met die opdatering van data na die hoofdatabasis word die boer verseker dat daar altyd 'n rugsteunkopie van sy data/inligting gemaak word. 
  5. Die stelsel het die vermoë om te koppel aan ander stelsels soos bv. die Ko-operasie se finansiële stelsel.  Dit bied aan die boer direkte toegang tot sy rekeninginligting.  Hierna kan hy sy rekeningstate, graanleweringstate ens. aflaai. Hy het ook die vermoë om aansoek te doen vir sekere dienste van die Ko-öperasie.  Slegs Ko-öperasies wat betrokke is by Farm-IT Solutions sal hierdie dienste verskaf. 
  6. Die stelsel koppel die geografiese data soos die landsgrense (GPS data) aan die rekordhoudingmodule met die vermoë om inligting oor te dra na ander programme soos die finansiële stelsels. 
  7. Die stelsel maak dit moontlik om oesmoniteringsinligting en ook satellietbeelde te laai op die stelsel. 
  8. Boere is ook in staat om oesskattings deur die stelsel te doen.
  9. Een van die hoof fokusareas van Farm-IT is om die stelsel gebruikersvriendelik te ontwikkel sodat enige gebruiker die stelsel met gemak kan bedryf.  
  10. Farm-IT is trots op die ondersteuning wat ons bied op ons stelsels.  Ons leuse is "Die Kliënt is altyd reg!" is van toepassing.  

Terug na bo

Die oplossing vir die Ko-öperasie en Insetverskaffer

Farm-IT verskaf aan die Ko-öperasie en Insetverskaffer 'n bestuurstelsel wat ontwerp word volgens spesifieke behoeftes en vereistes.  Die stelsel word ontwerp volgens die koöperatiewe identiteit van die kliënt en bied verskeie voordele aan die Ko-öperasie en Insetverskaffer.  

Ko-öperasies wat die stelsel gebruik ontvang voortdurende ondersteuning van Farm-IT.  Dit sluit die opdatering van geografiese data en nuwe stelselontwikkeling volgens behoefte in.

 Voordele vir die Ko-öperasie en Insetverskaffer sluit in:  

  1. Die stelsel voorsien akkurate inligting vir meganiese en gewaskosteramings. 
  2. Die stelsel voorsien akkurate inligting vir graan- en lewendehawe markpryse.
  3. Die Ko-öperasie se stelsel is tot voordeel van boere deurdat dit inligting verskaf oor seisoenale scenario-beplannings, versekering, grondanalises, produksiekoste-vergelykings en landboukundige dienste.
  4. Die   stelsel   verskaf   ook   kontrakinligting   tussen   die   verskaffers,   boere en
    Ko-öperasie. 
  5. Die stelsel bied 'n platform vir die formulering van krediet risikoprofiele vir gebruik deur die personeellede van die Ko-öperasie. 

Terug na bo

Die oplossing vir die Finansiële Instelling

Finansiële Instellings trek voordeel uit Farm-IT deur 'n stelsel te hê wat aan die spesifieke behoeftes en vereistes van die spesifieke organisasie voldoen. Die finansierder/versekeraar het unieke aantekenbesonderhede wat verseker dat slegs inligting gesien kan word waarop hy geregtig is.

Op die finansierder/versekeraarsvlak verskaf die Stelsel die volgende inligting aan die verbruiker:

1.      Makrovlak 

  • Inligtingsprofiel per streek. Inligting is beskikbaar per gedefinieërde streek wat gebruik kan word om 'n risikoprofiel te bereken.
  • Inligting soos totaal bewerkte oppervlakte in 'n distrik, klimaatsinligting, grondinligting, weidingskapasiteit, plantegroei inligting ens. is beskikbaar.

 2.      Plaasvlak

         Met die goedkeuring van die kliënt kan die finansierder/versekeraar die vermoë hê
         om kliëntinligting te sien.  Dit sal help met die volgende: 

  • "Benchmarking" tussen die plaasinligting en die streeksprofiel. 
  • Om betalings te maak teen sekere doelwitte (projekbestuur).
  • Risiko analise sal gedoen kan word deur die kliëntprofiel te vergelyk met die streeksprofiel.

 3.      Algemeen

  • Die stelsel kan gebruik word as 'n bemarkingshulpmiddel.  Huidige kliënte kan vergelyk word teen die streeksprofiel.
  • Dit verskaf aan die kliënt die vermoë om aansoek te doen vir sekere produkte en dienste soos versekering per land, geen-eis bonusse ens.
  • Die stelsel kan help om e-handel te fasiliteer.