|
Agronomiese Konsultasie Dienste
Die landboukundige konsultasie
diens wat Farm-IT verskaf, bied onafhanklike advies op verskillende
gespesialiseerde gebiede. Hierdie vakkundige diens word ondermeer
aangebied op:
-
Hulpbronkwantifisering: Chemiese
Samestelling
Dit word gedoen deur op roosterbasis gate in die grond te boor en chemiese
eienskappe van die grond by elk te bepaal. Aangesien die posisie van die
opnamepunt bekend is, kan die data interpoleer word en kaarte van elke
opnamebesonderheid getrek word, bv aanduiding van grondsuurheid of
voedingstofstatus.
-
Hulpbronkwantifisering: Fisiese Samestelling
Dit behels die bepaling van grond se fisiese eienskappe, bv tipe (naam),
effektiewe diepte, tekstuur en potensiaal. Die basiese produk is ‘n
grondsamestellingskaart en gronddiepte ontleding wat volledige grondkartering
moontlik maak.
-
Hulpbronkwantifisering: Selektiewe Opnames
Dit is ‘n spesialis aanwending waar homogene areas selektief gemonster word en
ontleed word.
-
Landboukundige
Adviesdiens
Presisieboerdery data word verwerk en interpreteer tot sinvolle gebruikswaarde
en aanbevelings gedoen word op grond van die inligting. Ad hoc dienste bv.
insetbeplanning, drakragbepaling van weiding, voervloeibeplanning en
wildplaasbeplanning word gedoen.

|