|
Afstandswaarneming (satellietbeelde) en
GPS Dienste
Afstandswaarneming vind plaas op
twee vlakke. Op 'n mikrovlak help
dit met die bepaling van gewasstremming, terwyl dit op 'n makrovlak help om
aangeplante lande te identifiseer wat weer behulpsaam is met oesskattings.
Indien die
boer inskryf, ontvang hy 5 beelde deur die groei-seisoen (AgriMage produk).
Met satellietbeelde kan die boer sien wat die reaksie is van sy bestuurstyl op
sy lande is. Met ander woorde, die reaksie van die plant hang af van die klimaat
op die een hand, maar ook die bestuur van die boer op die ander hand.
Hiermee kan
hy sy lande/bestuursones akkuraat bestuur en met behulp van sy akkurate rekords,
akkurate besluite neem. Hierdie geïnterpreteerde afstandswaarneming word
via die Internet verskaf waar dit direk gekoppel word aan die bestuurstelsel van
die boer.
Deur gebruik
te maak van GPS opmeting word die akkurate oppervlakte van elke
land/bestuurssone verskaf, wat 'n belangrike komponent van presisieboerdery is.
GPS
gekoppelde grondkartering verskaf aan die boer en landboukundige akkurate
inligting om besluite te neem op grond van bemestingsaanbevelings en
potensiaalgebied binne ‘n land.

|